Friday, February 3, 2023

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peusel aan uitsoekgedagtes.

Ek voltooi my stedelike reise met die geleende fiets (met een van die laaste ritte word 'n gemiddelde temperatuur van -1ºC aangedui oor 'n tydsduur van sowat 1 uur en 28 minute!).


Daar is darem ook soms 'n tydjie vir 'n aangename park-koffie, na 'n ietwat senutergende rit rondom die Arc de Triomphe.

 

... die naderende indrukwekkende Louis Vuitton Foundation-gebou: https://www.fondationlouisvuitton.fr/en




    Die aangrensende tuin van die Michelinster- restaurant: La Grande Cascade


https://www.sortiraparis.com/en/hotels-and-restaurants/restaurant/articles/286422-la-grande-cascade-le-sublime-restaurant-gastronomique-etoile-du-bois-de-boulogne

Ons besoek nogeens die lewendige Montmartre kunstenaarsgebied, en geniet 'n crépe en koffie op 'n bitterkoue oggend.



Musee de art Moderne daag weer eens die sintuie uit: https://www.mam.paris.fr/ 


... uit die Renaultfabriek ...








Henri Matisse, meer as lewensgroot:    https://museumview.eu/henri-matisse-in-the-salle-matisse-in-the-musee-dart-moderne-de-paris/

Ons loop die interessante kleiner privaat kunsgallerye aan die rand van Place des Vogses na: https://www.parismarais.com/en/discover-the-marais/the-marais-neighborhoods/place-des-vosges.html





En vir 'n gepaste afskeid word die Fluctuart drywende kunssentrum besoek, waar ons sommer ook ons afskeidsete nuttig.  

Fluctuart is the first floating urban art centre in the world, a unique place, open to all audiences, be they simply curious or passionate, and for the use of all players on the urban art scene: artists, professionals and institutions. Fluctuart promotes all trends in urban art, from the pioneers of street art to contemporary artists, and it particularly highlights emerging and innovative practices.  https://fluctuart.fr/en/








En dit dan die einde van hierdie bloginskrywings; met die hoop dat sulke geleenthede weer in die toekoms op ons pad sal kom.






Monday, January 23, 2023

kreatiwiteit in studio 8116, 2023









Ons reis vanaf Worcester grafies voorgestel - die voorletters verteenwoordig die aantal dae wat ons weg was van Suid-Afrika.











Hieronder word die meeste van die kreatiewe skeppings wat gedurende die afgelope twee maande in studio 8116 tot uiting gekom het, weergegee.  Dit was interessant en verrykend om in multimedia van 'n ander aard as waaraan ek gewoond is, te werk.






Fine print, 'n collage van koerantskeursels, akrielverf, duimafdrukke en voorletters het reaksie uitgelok van die Iranese kunstenaarspaar wat hul vriendin, 'n bekroonde aktrise daarop herken het.







Kneeling, akriel op karton in lamplig




Book shelf, fallen - akriel op karton: collage




Walking the Seine - kartonfiguur met akriel




Look at me - akriel op karton




Red river centre - akriel op karton




Karton het 'n bruikbare medium geword, en het ook as metafoor gedien vir 'n vorm van lokale herwinningskuns.


Baie van die werke word vergesel van 'n gedig wat, in sommige gevalle, ook in klank via 'n QR kode beskikbaar gestel word. 

Dié werk is 'n kartonreplika van die beeld waaroor 'n ekfrastiese gedig in Smee verskyn.
Vriend

My vriend in die hoek
sit peinsend stil.
Praat nie teë,
praat nie mee.
Ek kuier graag;
hy luister gedwee
na elke skeet en las.
Altyd netjies geklee
met sy goudgeel das.
Ek skuif al hoe nader                            
om die stilte in te leef          
wat om hom skree.


©
Gerhard Barkhuizen, 2019



Friend


My friend has many faces.
The one with the yellow tie.
Mostly in the corner
his story
just quietly dies.
Often to appease me -
he simply lies.
© Gerhard Barkhuizen, 2020

Ami

Mon ami a plusieurs visages.
Celui avec la cravate jaune.
Surtout dans le coin
son histoire
meurt tranquillement.

Souvent pour m'apaiser -
il ment tout simplement.

© Gerhard Barkhuizen, 2023


Notre Dame, revisit 2 (2022)

It is now you third winter in intensive care,
another festive season with a crippled body.
A burned, open carcass
where thoracic surgeons abseil
in search for an anchor
to transplant a new life.
An orthopedic on each floor
prepared to replace the black splinters
with new cradles - produced on site -
Plastic surgical fold the aesthetics
of welded mesh tight over your face
to cover the bone dead image of death.
And out of sight, at radiology,
the X-rays of flood lights
search through crates of matiére,
each stone and artifact exposed
to take its rightful ancient place.


Can you, if possible, this Christmas
strain up against the scaffolding,
straighten your purple robe,
and from the rubble in your spire
pick just one unscathed star
to shine down to the forlorn crowd
waiting on your plain?                                            

© Gerhard Barkhuizen, 2022















Notre Dame, herbesoek 2 (2022)

Dis nou u derde winter in hoësorg,
nog ‘n feesseisoen met verminkte lyf.
‘n Oopgebrande karkas
waarbinne torakschirurge abseil,
soekend na ankerplekke
om ‘n nuwe lewe oor te plant.
‘n Ortopeed op elke vloer
gereed om swart splinters
met nuwe spalke te vervang -
op die perseel aanmekaargesit -
Plasties snykundig die estetika
van maasdraad styf om u gelaat,
om die beenbleek doodsheid bedek.
En buite sig, by radiologie,
straal soekligte deur kratte materie,
word elke steen en artefak belig
om sy oerplek in te neem.

Kan u moontlik hierdie Kersfees
teen die steierwerk opbeur,
u purper kleed regskuif
en uit die toringrommel
net een ongeskonde ster
afkaats na die dwaalskare
wagtend op jou plein?


© Gerhard Barkhuizen, 2023





Leaves of Paris

1. the leaves of winter
    roll along in wet streets
    dismantled in the rain
    like the brown wrappers
    of a neglected cigar

2. twisted dry crust
    of yesterday’s bread
    brown detached flakes
    of a once perfect bake
    aged in the winter sun

© Gerhard Barkhuizen, 2023



Feuilles de Paris

1. les feuilles de l'hiver
    rouler dans les rues mouillées
    démonté sous la pluie
    comme les emballages bruns
    d'un cigare négligé

2. croûte sèche torsadée
    du pain d'hier
    flocons détachés bruns
    d'une cuisson autrefois       
    parfaite

    vieilli au soleil d'hiver

© Gerhard Barkhuizen, 2023









Thinker

spells he cast upon
global spectators cannot
extract his pure thought

© Gerhard Barkhuizen, 2023








Penseur

sorts qu'il a lancés
les spectateurs mondiaux ne peuvent pas
extraire sa pensée pure

© Gerhard Barkhuize
n, 2023




arts et métiers

ton corps vert et humide
brillant sous la pluie
ne parle que lorsque les gouttes
sourire sur ton visage
couché tranquille comme les sans-abri
sur la terrasse froide
en attendant l'été
pour polir vos épaules
avec des traits d'or

© Gerhard Barkhuizen, 2023

arts et métiers

your green wet body
gleaming in the rain
talks only when the drops
smile across your face
lying quiet like the homeless
on the cold terrace
waiting on summer
to polish your shoulders
with golden strokes

© Gerhard Barkhuizen, 2023







book teacher

book look for you
book look unto you
book look through you
book becomes you


© Gerhard Barkhuizen, 2023



















professeur de livre

livre cherche pour toi
livre regarde vers toi
livre regarde à travers toi
le livre devient toi


© Gerhard Barkhuizen, 2023


  Monochrome retreat

  enter the room of darkness
  escape into a black narrow
  corner, away from the riches
  of the bright broad rainbow

  © Gerhard Barkhuizen, 2023


Retraite monochrome

entrer dans la salle des ténèbres
s'échapper dans un étroit noir
coin, loin des richesses
du large arc-en-ciel lumineux

© Gerhard Barkhuizen, 2023











En om af te sluit, 'n speelse hantering van Midjourney en die Franse ikoon, die daaglikse baguette:

Baguette

UNESCO se verklaring
oor die ikoniese Franse cliché
verg deeglike besinning.
Dié welbekende statue
word daagliks vars uitgestal
in hoekwinkel en boulangerie.
Die oscar in ‘n papiersak,
jan en alleman se metgesel
op bus, metro en straat.
Gerugte oor die langbrood se ontstaan
word stellig in die media aangetoon:
skynbaar het ‘n weergawe
ook uit Oostenryk verrys.


Geregverdigde vorstelike ondertrou               
is immers in dié geweste
geensins ongewoon.
Dié eeuelange tradisie
en korswel ten spyt
word met elke ete aangevul:
korte mette met enige aptyt.

© Gerhard Barkhuizen, 2023




Baguette

The UNESCO declaration                                                     
on the iconic Frence cliché
asks for well kneaded thought.
This well-known statue
as a daily exhibition freshly
at the corner shop and boulangerie.
The oscar clothed in paper
for Tom, Dick and Harry
on the bus, metro and street.
Rumours on the longbread’s origin
quickly in the media revealed:
the possibility of a version
raised in nearby Austria.

Justified regal intermarriage
is indeed in these parts
definitely not uncommon.
Centuries of tradition
and jokes despite,
meals are duly supplemented
dispose of every appetite.

© Gerhard Barkhuizen, 2023

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peus...