Friday, February 3, 2023

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peusel aan uitsoekgedagtes.

Ek voltooi my stedelike reise met die geleende fiets (met een van die laaste ritte word 'n gemiddelde temperatuur van -1ºC aangedui oor 'n tydsduur van sowat 1 uur en 28 minute!).


Daar is darem ook soms 'n tydjie vir 'n aangename park-koffie, na 'n ietwat senutergende rit rondom die Arc de Triomphe.

 

... die naderende indrukwekkende Louis Vuitton Foundation-gebou: https://www.fondationlouisvuitton.fr/en




    Die aangrensende tuin van die Michelinster- restaurant: La Grande Cascade


https://www.sortiraparis.com/en/hotels-and-restaurants/restaurant/articles/286422-la-grande-cascade-le-sublime-restaurant-gastronomique-etoile-du-bois-de-boulogne

Ons besoek nogeens die lewendige Montmartre kunstenaarsgebied, en geniet 'n crépe en koffie op 'n bitterkoue oggend.



Musee de art Moderne daag weer eens die sintuie uit: https://www.mam.paris.fr/ 


... uit die Renaultfabriek ...








Henri Matisse, meer as lewensgroot:    https://museumview.eu/henri-matisse-in-the-salle-matisse-in-the-musee-dart-moderne-de-paris/

Ons loop die interessante kleiner privaat kunsgallerye aan die rand van Place des Vogses na: https://www.parismarais.com/en/discover-the-marais/the-marais-neighborhoods/place-des-vosges.html





En vir 'n gepaste afskeid word die Fluctuart drywende kunssentrum besoek, waar ons sommer ook ons afskeidsete nuttig.  

Fluctuart is the first floating urban art centre in the world, a unique place, open to all audiences, be they simply curious or passionate, and for the use of all players on the urban art scene: artists, professionals and institutions. Fluctuart promotes all trends in urban art, from the pioneers of street art to contemporary artists, and it particularly highlights emerging and innovative practices.  https://fluctuart.fr/en/








En dit dan die einde van hierdie bloginskrywings; met die hoop dat sulke geleenthede weer in die toekoms op ons pad sal kom.






laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peus...