Tuesday, December 6, 2022

beeld na woord

Na die uitstalling in November 2019 is daar weer voluit gewerk aan die digbundel. Die tema vir die MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk o.l.v. prof. Joan Hambidge aan die Universiteit van Kaapstad het die wisselwerking tussen beeld en woord opgeroep. Die gevolg was dat die digbundel heelwat ekfrastiese verse ingesluit het. Die oorspronlike, onvoltooide portefeulje gedigte is in die tesis van die studie vervat:

https://open.uct.ac.za/bitstream/handle/11427/29896/thesis_hum_2018_barkhuizen_gerhard_m.pdf?sequence=1&isAllowed 

Die uiteindelike gepubliseerde bundel ( Smee ) is deur Turksvy Uitgewers versorg en uitgegee. Besondere dank vir die oorsig en leiding deur Marlene Malan en Hannes Visser, asook aan Daniel Hugo wat as redakteur van die bundel opgetree het.

Die bundel sien sy lig teen die einde van 2021 en word bekendgestel aan die Hugo Naudé Kunssentrum op 8 Desember 2021.

Die gespreksleier is Daniel Hugo; interessante aspekte rondom die tema van outo-ekfrastiese verse word toegelig. Sommige van die verse word aangevul deur afdrukke van die kunswerke - heelwat geïnspireer deur die vorige besoek aan Parys.





Turksvy Publikasies se embleem - verbeeld.







wisselwerking tussen woord en beeld










Verdere boekbekendstellings volg, o.a op Kleinmond, Hermanus en Barrydale.






Tydens Vers en Klank, onder leiding van Frieda van den Heever, word Smee oor RSG bespreek: https://omny.fm/shows/vers-en-klank/vers-en-klank-25-januarie-2022


Die bundel word ook met die jaarlikse Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum op Wellington bespreek. 



No comments:

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peus...