Dit is koud in Parys, maar die moltreine en geboue bly koesterend. Derhalwe twee interessante uittogte uit ons Spartaanse nessie in la Cité.
Eerstens besoek ons Museé de la Vie Romantique, Hierdie klein museum huisves besondere kunswerke uit die romantiese era wat, onder andere, werke van die veelsydige George Sand uitstal:
|
Ons sluit laatmiddag (alreeds sterk skemer) aan by 'n gehoor
in die Eglise Marie des Batignolies vir 'n besondere
orkesuitvoering. Die koue ten spyt, is die kerk stampvol en
word 'n uitvoering van Schubert en Schumann deur die
waarderende gehoor geniet.
http://symphonique-clichy.asso.fr/
|





No comments:
Post a Comment