Ons trotseer die snerpende lug en besoek Musee d' Orsay. Dit is 'n belewenis, nie net ten opsigte van die unieke kunsversamelings en uitsonderlike samestellings nie, maar veral ook wat die uitleg (https://qrco.de/bd2KPq) en argitektoniese skouspel bied. Van waarde is ook die driedimensionele deursnit skaalmodel van Opéra Garnierhttps://www.operadeparis.fr/en
Musee d' Orsay, omskep vanuit 'n treinstasie (duidelik herkenbaar uit die onderstaande foto) het sy deure geopen op 9 Desember 1986: https://www.musee-orsay.fr/fr
Die spesiale uitstalling van die werke van Edmund Munch is indrukwekkend - heelwat van die kunstenaar se persoonlike lewe en belewenis word geopenbaar in meegaande tekste wat die kunswerke vergesel.
|
|
|
|
Uiteraard is die beeldhouwerke asemrowend, selfs grotesk.
Die ergste koue word later met 'n lekker warm suikersoet crépe afgesluk.





.jpg)
.jpg)

_G0192-59_-_Google_Art_Project.jpg)







No comments:
Post a Comment