Tuesday, January 10, 2023

alweer fietse

Wat is dit met ‘n man/mens en sy (yster)perd? Of het dit onbewustelik met die Winston Churchill-aanhaling te doen: “There is something about the outside of a horse that is good for the inside of a man”?


Pas in Parys aangekom, begin ek soek na ‘n haalbare tweewielryding. Ek gaan draai by Leboncoin (hul weergawe van Gumtree) en besoek selfs uit radeloosheid ‘n plaaslike Facebook Marketplace. Alles puur verniet: te duur, te klein/groot, te oud en sommer bloot onverkrygbaar volgens my behoeftes. Ek wend my tot Decathlon se ocassion velo: dié winkel se afdeling vir tweedehandse fietse. Geen geluk ook daar. Vervolgens ‘n soektog na velo departement: dan nou maar ‘n binnenshuise opsie op ‘n oefenfiets, verkieslik iets wat kan opslaan en nie baie plek in beslag neem nie. Darty, ‘n aanlynwinkel wat ook afsetpunte in Parys het, adverteer skaflike modelle. By die naaste Darty verneem ek dat hulle daardie modelle glad nie op die vloer aanhou nie.





Uit radeloosheid wend ek my tot die fietshokke buite die woonstel/studio. Fietse wat skynbaar jarelank daar vasgeketting staan, beslaan feitlik die hele area. Pap wiele, geroeste speke, los modderskerms en stukkende sitplekke (dit kan nie ‘n saal genoem word nie) is aan die orde van die dag! Ek identifiseer twee fietse wat nie vasgeketting is nie: vir bruikleen! Uiteindelik net een – die ander een se gebreke is onoorkombaar. Ek stel die saal (met my Leatherman) en pomp die wiele. Ek kry my toebehore gereed: pomp, sluitkabel, fietsrekenaar, klokkie (alles saamgebring uit SA). Verder het ek darem ‘n fietsrybroek en valhelm ook saamgebring (die res van die uitrusting is baie basies en skep glad nie die beeld van ‘n ywerige fietser nie)!




En ek bly by my motto, alhoewel die spieël dit nie reflekteer nie!








Die eerste twee ritte – na bekende omgewings wat al voorheen verken is – verloop glad. Die derde voorgenome rit sneuwel voordat dit begin. Papwiel! Agterwiel! Eina! Na ‘n halfdag se nukkerigheid haal ek die wiel af: onderbeklemtoning!! Wiel afhaal beteken weer eens die Leatherman en die gebou se stel moersleutels. Geroeste moere en geen kitshefboom om die wiel te verlos nie. Die buiteband blyk gehawend te wees nadat dit van die velling afgewring is. Die binneband het ‘n klein gaatjie in – dus herstelbaar. Weer na Decathlon: nuwe buiteband, binneband en as voorsorg ook ‘n lapstelletjie vir verdere moontlike papwiele. Alles natuurlik in euros verreken!

Maar dit bly die moeite/geld werd. Dis moeilik om die gevoel van beweging (ook spoed) en die gepaardgaande vryheid te beskryf aan nie-fietsers. Die effek van vinnig op plekke uitkom, die uitsig oor jou omgewing en die vinnige herstel wanneer jy verkeerd draai in onbekende plekke. Die betowering om in ‘n reuse stadswoud (Bois de Vincenne en Bois de Boulogne) te (ver)dwaal. Dis aanpassing (lees: konsentrasie) om aan die regterkant te bly ry in goed gemerkte fietsrylane (ek onthou ons motorfietstoergids: "long left and tight right"). Soms ook die bykomende spanning om ‘n fietsrylaan te deel met die stadsbusse!


Die fiets self is egter ‘n uitdaging. Dis ‘n oudmodiese damesfiets met een rat voor en drie agter: die skakeling geskied met ‘n raamhefboom wat gereeld outomaties oorskakel – ‘n beproewing teen die (alhoewel min) opdraandes. Geen aanknip-kabouter-fietsryskoene nie; slegs tekkies wat in die nat weer gly oor die ewe gladde pedale.





Die genot om die onbekende te verken bly ‘n bonus! Die opwinding om die koue weer te trotseer en die winterlandskap in te adem is geestesvernuwend. Ek sluit by Guillaume Martin aan. Dié kêrel is ‘n professionele fietsryer wat die Tour de France etlike kere voltooi het as ‘n gewaardeerde lid van die Cofidis-span. Hy het ‘n meestersgraad in filosofie voltooi met die fokus op fietsry - uiteraard omskryf in filosofiese terme en redenasies.

Martin is die skrywer van drie boeke geïnspireer deur sy studies, 'n toneelstuk, Plato vs. latoch en twee boeke, Socrate à vélo, wat in 2019 gepubliseer is en La société du peloton in 2021. Daarin probeer hy om filosofie vir almal toeganklik te maak, en bevraagteken, na aanleiding van Plato, die gees-liggaam skeiding.

https://inrng.com/2020/09/book-review-socrate-a-velo/

Philosophy is a big deal in France where intellectuals can be public figures and most high school students sit the philo exam. So the concept of Martin’s book isn’t as off the wall as you might think and many French readers will have a grounding in the subjects he raises. But you don’t need this, for example you can meditate on whether it’s better to train than to race, or if desire is better than satisfaction, without knowing your Nietzsche. Martin gently explains concepts through the medium of sport and the Tour de France.




The Verdict: Socrates, philosophy and cycling combined sounds lofty and could be heavy going, but here it’s all fun rather than pretentious or contrived and it’s an enjoyable read. Indeed road racing can be “200 idiots trying to cross a line first” but why and how they do this can sometimes be worth thinking about and this book can help us think about the sport differently at times.

No comments:

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peus...