Aanvanklik is daar nie aan ‘n open studio gedink nie, synde my voorkeur werkswyse, materiaal en werkstuie nie toepaslik en bekombaar was nie. Algaande is daar egter aan die moontlikheid begin dink, met die fokus op wat geredelik beskikbaar is en wat by my werkswyse en ingesteldheid inpas. Daar is besluit op maklik bekombare materiaal en binne dae is op straatkarton (oral beskikbaar in oormaat) en winterblare (oraloor gewaaier) as primêre bronne gefokus.
|
|
|
|
Mettertyd is elementêre beelde, gepaardgaande met sketse en skilderye teen die uitstalmuur aangebring. Die idee om gedigte daarnaas te skep het gevolg. Daar is geëksperimenteer met Engelse teks om dit meer toeganklik te maak vir die inwoners en besoekers aan Cité. Om die aanbieding meer aantreklik te maak, is besluit om die gedigte te vergesel met QR kodes. Om die gedigte in Frans aan te bied, is ‘n basiese Google vertaling gebruik. Dié teks is weer deur Alix Pornon, ‘n Franssprekende assistent verbonde aan die Cité, hersien om ‘n gangbare Franse weergawe te skep. Google het dan weer die hersiene teks in Frans gelees om op die QR kode vasgelê te word. Dit skep ‘n redelik emosielose en monotone resitering van die gedig, maar ten minste kan dit deur meer mense gevolg word.
|
'n Enkele voorbeeld van 'n beeldhouwerk met gepaardgaande gedig; 'n volledige bloginskrywing sal volg waarop al die beelde en sketse met hul meegaande gedigte aangebring sal word. Van die werke het veranderings ondergaan; beide die oorspronklike en hersiene weergawes word soms aangetoon. |
|
... en so 'n bietjie eksperimenteel met Midjourney omgegaan ... |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Van die interessantste gesprekke het plaasgevind met ‘n Iranese kunstenaarspaar. Dié twee het opgemerk dat hul vriendin, ‘n bekroonde Iranese aktrise, in ‘n koerant-collage wat ek geskep het, voorkom:
“Iranian Zar Amir Ebrahimi has won the Best Actress award at the prestigious Cannes Film Festival for her role as a journalist helping to catch a serial killer in the thriller Holy Spider”.

“Iranian Zar Amir Ebrahimi has won the Best Actress award at the prestigious Cannes Film Festival for her role as a journalist helping to catch a serial killer in the thriller Holy Spider”.
https://www.rferl.org/a/iranian-cannes-best-actress-cannes-holy-spider/31873090.html
No comments:
Post a Comment