Ons verken verder om van tyd tot tyd verder as die île de la Cité te beweeg:
Saint-Germain-en-Laye
https://en.wikipedia.org/wiki/Saint-Germain-en-Laye
Ons kry die kans om Saint-Germain-en-Laye te gaan besoek. Dit is sowat 20km uit die sentrum van Parys geleë. Anda ‘n Suid-Afrikaans gebore inwoner, ontmoet ons by die stasie en neem ons vir ‘n toertjie deur haar pragtige dorp.
Dit is koud en ons stap oor die oggend se sneeulagie ter besigtiging van die belangrikste besienswaardighede in Saint-Germain-en-Laye.
Na die buitenshuise besigtiging neem Anda ons na haar Petit Château waar ons heerlik smul aan vars gebakte baguette, olywe, uitsoekkaas en tuisgemaakte appeltert – en natuurlik ‘n besondere droë rosé. Die rosé kom vanaf ‘n landgoed wat aan Angelina Jolie en Brad Pitt behoort.
Meaux
https://fr.wikipedia.org/wiki/Meaux
Die pragtige dorpie (of gebied) lê aan die rivier Marne in die departement Seine-et-Marne in die Île-de-France-streek in die metropolitaanse gebied van Parys, Frankryk. Dit is 41,1 km oos-noordoos van die sentrum van Parys.
‘n Goedbewaarde historiese gedeelte sorg vir ‘n genoegsame wandeling. Ons eet ‘n uitstaande croque monsieur met die dorp se bekende briekaas as hoofbestandeel in die vulsel – genoeglik!
Sceaux
https://www.sceaux.fr/
Volgende op die lys is die uitbreiding Sceaux. Die gebied huisves ‘n allemintige tuin wat nogal in uitleg herinner aan die tuine van Versailles – net nie op dieselfde skaal nie. Ons geniet ‘n heerlike croissant en quiche met koffie in ‘n knus eetplekkie terwyl ‘n koue windjie buite waai.
Die buitewyke, ook genoem gemeentes of kommunes, herinner enersyds aan die voorstede van groot stede in RSA, maar verskil beslis waar elk oor ‘n eiesoortige karakter, kultuur en selfs benoeming/benaming beskik. Meaux se inwoners word, byvoorbeeld, Meldois genoem.

|

Ek is verbaas oor die verskillende energieversaffingswyses wat in die huis aangetref word: elektrisiteit, gas en ‘n beduidende groot tenk vir dieselolie. Verder is daar op elke vlak van die huis in meer as een vertrek ‘n kaggel. Die kaggels is egter nie op die oomblik in werking nie, want daar word gewag op ‘n geregistreerde skoorsteenvëer! En die winter is in swang ...
https://fr.wikipedia.org/wiki/Meaux
Die pragtige dorpie (of gebied) lê aan die rivier Marne in die departement Seine-et-Marne in die Île-de-France-streek in die metropolitaanse gebied van Parys, Frankryk. Dit is 41,1 km oos-noordoos van die sentrum van Parys.
|
|
|
|
|
|
‘n Goedbewaarde historiese gedeelte sorg vir ‘n genoegsame wandeling. Ons eet ‘n uitstaande croque monsieur met die dorp se bekende briekaas as hoofbestandeel in die vulsel – genoeglik!
Sceaux
https://www.sceaux.fr/
Volgende op die lys is die uitbreiding Sceaux. Die gebied huisves ‘n allemintige tuin wat nogal in uitleg herinner aan die tuine van Versailles – net nie op dieselfde skaal nie. Ons geniet ‘n heerlike croissant en quiche met koffie in ‘n knus eetplekkie terwyl ‘n koue windjie buite waai.
|
|
|
|
|
|
Die buitewyke, ook genoem gemeentes of kommunes, herinner enersyds aan die voorstede van groot stede in RSA, maar verskil beslis waar elk oor ‘n eiesoortige karakter, kultuur en selfs benoeming/benaming beskik. Meaux se inwoners word, byvoorbeeld, Meldois genoem.
So word die inwoners van Sceaux, Scéens genoem en staan dié van Saint-Germain-en-Laye as Saint-Germanois bekend.
No comments:
Post a Comment