Saturday, January 14, 2023

Open Studio uitstallings

‘n Baie groot doelwit en funksie van die Cité is om blootstelling aan die verskeidenheid van kunste en kunstenaars te bewerkstellig. Die wisselwerking tussen die kunste is ‘n persoonlike belangstelling en dié ingesteldheid resoneer sterk met my.



The Open Studios: Work in Slow Motion is a weekly event during which participants can visit the studios of artists-in-residency.

Every Wednesday evening from 6-9 pm, the public discovers the work in progress of six residents, either in their studios or the auditorium. The same event is held twice a year at the Montmartre site.













Dié aande gaan gepaard met besoeke deur die gebou aan die geïdentifiseerde kunstenaars se studio/woonstelle. Daar vind gesprekke met die kunstenaars plaas, wat ‘n uitstekende basis vorm vir verdere kreatiewe ondersoek. ‘n Eet- en drinkdingetjie is normaalweg byderhand, wat die vloei van gedagtes (en die Babelse aanpassing tussen die tale) beslis vergemaklik!



Duidelik, uit die foto's kan afgelei word dat die kunstenaars 'n veelvuldigheid van werke na vore bring!

















No comments:

laaste dae

Ons is terug in Suid-Afrika, winderige Strand en warm Worcester!  Ons besin vir oulaas oor die afgelope twee wonderlike wintermaande en peus...